Bederf jouselfJou rowwe bliksem.

Welkom by Buffelsfontein Beesboerdery

Hier bedien ons eg tradisionele Suid-Afrikaanse kos wat proe of jou ma en ouma dit gemaak het.

Screenshot 2025-06-03 at 11-34-27 Instagram

Regte Kos, Regte Smaak

100% natuurlike vleis! Groot porsies, stadig voorberei, en vol geur – net soos dit hoort.

fb86662148be855d931b37d6c1e5fcbe

Bring Die Hele Familie

Groot tafels vir groot families. Kindervriendelik, gasvry en vol lag – waar elke ete ’n herinnering word.

untitled (5 of 18)

Yskoue Biertjies & Buffel Bar

Tapbier wat jou dors blus, shooters met ’n punch, en ‘n kroegatmosfeer wat vra vir nog een rondte.

Kos wat jou terug bring.

Die beste herinneringe word hier geskep.

Welkom by Buffelsfontein Beesboerdery waar goeie kos, goeie geselskap en goeie atmosfeer ontmoet. Hier bedien ons eg tradisionele Suid-Afrikaanse kos wat proe of jou ma en ouma dit gemaak het.

Ons disse word met vars kwaliteit bestandele gemaak, en daarom mag dit soms effens langer neem maar goeie dinge vat tyd, vra enige ou wat al die perfekte potjie gemaak het of die perfekte skaaptjoppie gebraai het!

Met ons familie georiënteerde beleid is almal welkom. Of jy binne of buite wil sit hang van jou af en daar is meer as genoeg speelplek vir die kleingoed. Groter groepe kan ook akkomodeer word – onthou net op die posduif te stuur met jou bespreking!

So sit terug, ontspan en kuier by ons, ons belowe jy gaan terugkom vir meer.

Vier jou spesiale geleentheid hier.

Kom vier die goeie tye met Buffelsfontein Beesboerdery – lekker kos, lekker mense!

Jou kantoor weg van die huis.

Hier kan jy werk sonder kinders, ketels en katte.

Besoek ons Buffelstoor.

Geskenke met hart, geriefliker as ooit.

Beesboerdery se Spyskaarte

’n Voorproe van Buffels se Bestes

Ontbyt

Elke dag verdien ’n goeie begin.

Ligte versnaperinge

Net genoeg om jou aan die gang te hou.

Om te deel

Gedeelde vreugde is die beste vreugde.

Slaai

Gesond eet het nog nooit so lekker geproe nie.

Kinder Spyskaart

Klein happies, groot pret!

Voorgereg

Die perfekte begin vir die perfekte maal.

Hoofgereg

Die hart van jou Buffelsfontein Beesboerdery ervaring.

Spesiale disse

Uniek en eg, voorberei vir jou.

Nagereg

Rond jou ete op die perfekte manier af.
Yskoue biere. Warm geselskap.

Elke Bord vertel ’n Storie,Elke Kuier bou ’n Herinnering

Kom kuier saam met jou mense, in ’n atmosfeer wat jou laat ontspan.

Niks sê ‘jy is welkom’ soos ’n drankie in die hand en goeie geselskap nie. By Buffelsfontein Beesboerdery word herinneringe gemaak – een drankie en een happie op ’n slag. Hier gaan jy tradisionele disse, soos jou Ouma dit gemaak het kry teen ’n sakpas prys.

Elke ete is ’n feesmaal met eg Suid-Afrikaanse gasvryheid en hartlike diens.

Wat Maak Ons Spesiaal?

Buffelsfontein Beesboerdery is ‘n plek waar jy nie net eet nie – jy kuier, lag, onthou en kom weer terug. Hier leef jy stadig, eet lekker en voel soos familie.

Porsies Vol, Pryse Laag

Is jy stout vir ’n winskopie?

By Buffelsfontein Beesboerdery maak ons dit moeilik om nie elke dag van die week lekker te eet nie. Promosies met regte waarde!

Maandag Burgers

2 Burgers (Bief of hoender) met aartappelskyfies

Dinsdag Schnitzels

Hoender Schnitzel en skyfies met kaas- of sampioen sous

Woensdag T-Been

500g T-Been, 500ml tapbier en aartappelskyfies

Donderdag Eisbein

Eisbein met aartappelskyfies en sauerkraut
Yskoue biere. Warm geselskap.

Is jy stout vir ’n winskopie?

By Buffelsfontein Beesboerdery maak ons dit moeilik om nie elke dag van die week lekker te eet nie. Promosies met regte waarde!

Die dorstige Buffel se paradys.
Deel jou oomblik...

Bederf Jouself,Jou Rowwe Bliksem.

#buffelsfonteinbeesboerdery

Tag ons op Facebook of Instagram!
Sluit jou eie Buffelmoment in – tag ons op Instagram!

Het jy onlangs by ons gekuier of beplan jy om te kom kuier?
Deel jou kiekie en tag ons!

Laat Waai..Ons Hou Jou Plek Warm

Of jy honger is vir vleis of net lus is vir ’n lekker kuier – hier’s altyd plek vir nog een aan die tafel. Ons is vriendelik, vinnig, en altyd lus vir ’n geselsie.

Bespreek Jou Kuierplek

Vul u naam, epos, aantal gaste, datum en tyd in hier onder:

Please enable JavaScript in your browser to complete this form.

Kontak & Ligging

Buffelsfontein Beesboerdery
Besprekings:

Besigheidsure

Maandag tot Vrydag:
Saterdag:
Sondag:

All Rights Reserved  |  Powered By SalesCollab|  2025 ©Buffelsfontein Beesboerdery

Scroll to Top